3.5. Praat met God – 5 van 7 – Dissipelskap


Verse vir Vandag:

“Jesus was êrens op ‘n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” En Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê dan: “Vader, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom. Gee ons elke dag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie.”” – Luk 11:1-4

Kan jy nog onthou daai oorslaap by jou pelle se huis? Ons het gewoonlik daai groot tas wat die video mashien bevat het gehuur en dan vlieks die heel aand gekyk. Na die tyd het jy tot in vroeg oggend gesels terwyl jy jou middernag fees hou of as jy gaan kamp het le en praat oor die glorieryke dae.

Gebed in ‘n sin is ‘n gesprek met God. Maar om ‘n geprek met jou vriend te he is werelde verwyder as met God. Jy het tog nie in jou professie gekom sonder opleiding en in diens opleiding nie? Selfde met gebed; dit is die beste om te leer van hulle wat dit al vir jare oefen. Mens kan ook soveel by ‘n ander persoon leer met sy verhouding met God.

Ek dink die houding hier met een van nederigheid en afhanklikheid wees; asook leer hoe om jou beste vir God te wees. Dit is die houding wat jy vir die res van jou lewe moet he anders gaan jy nooit groei nie of God verlaat. Jy weet dat dit oor trots was wat die duiwel uit die hemel geskop is. Het jy die nederigheid om vir hulp te vra?

Praktiese Toepassing:

Jy moet leer om te bid – die dissipels het gesien die krag wat Jesus ontvang het van Sy Vader.

Daaglikse persoonlike verhouding met God (v.3); daaglikse gebed. Stel jou voor jy praat nie met jou vrou of meisie / ou vir ‘n dag. Hulle sal heel bekommerd wees en al die hospitale begin bel. My dogter wou nie gister bid nie, toe vra ek haar hoe sal Jesus voel as sy nie met hom wil praat nie (sy noem God haar Vader), baie cute. Na ‘n rukkie het sy tog gebid; ek dink ons gebed moet so persoonlik wees.

Wat ek meeste van die tyd doen is om ‘n gebeds joernaal te he. Dit maak dit soveel meer persoonlik en dan kan jy teruggaan en sien hoe God jou gebede verhoor het, want ons almal vergeet ma gou. Onthou net die rede hoekom ons Psalms het is dat David en die seuns van Korah hulle gebed neergeskryf het.

Daar is ‘n ou wat in die middel eeue geleef het sy naam was broer Lorance. Wat hy gedoen het hy het een sin gebede gegee gereeld gedurende die dag. So dit hou dit eenvoudig en jy het die gevoel dat jy saam met God loop deur die dag.

Daar is ‘n bietjie van ‘n formaat hier in Jesus se gebed. Ek noem dit ASEM. Jou asem met God. Hy is nou nie in die volgorde soos Jesus dit gehad het nie maar dit is maklik om te onthou.

A – Danksegging: Hierdie een is nie moeilik nie. Prys God vir al jou seeninge.

S – Prys god: As jy dink aan al sy karakter einskappe en die natuur wat Hy geskep het.

E – Bely jou sondes: Weer jy waar jy die teiken mis? Bely jou sondes en vra God vir hulp.

M – Vra God vir meer goed: Nou ons is nogal goed met hierdie ene.

Wanneer jy die uitleg volg dit gee jou bietjie struktuur en idees. Jy kan selfs jou idees aan die agterkant van jou joernaal skryf en dit as ‘n verwysing gebruik om te bid.

Gebed vir Vandag:

Papa help my om ‘n fantastiese gebed lewe / verhouding met U te he. Help dat my gebed daagliks sal wees en nie net ‘n 2 minute skietgebed nie.

Amen

Share this post

Share on facebook
Share on twitter
Share on print
Share on email
Share on whatsapp