Bereken die Koste – Dissipelskap
1.Verse vir Vandag
“25 En groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê: 26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. 27 En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie. 28 Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? —29 sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot 30 en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.31Of watter koning wat optrek om teen ‘n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tienduisend die een te ontmoet wat met twintigduisend teen hom kom nie? 32 Anders stuur hy ‘n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes. 33 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie” – Lukas 14:25-33
2. Praktiese Toepassing
Vers 25-26:
- Wat skok jou in hierdie verse?
- Waaaaat, jy moet jou familie en jouself haat?
- Wat dink jy bedoel Jesus regtig hier?
“Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.” – Mat 10:37
- Ahhhh, so dit beteken dat ek God meer liefhe as as my familie, selfs myself.
- Een persoon het gese: “As jy iets anders meer liefhet is dit jou afgod”. Dit maak vir my sin.
Vers 27:
- Hier bevestig Jesus weer sy voorwaarde om ‘n Christen te wees; as jy nie jou kruis dra en hom volg kan jy nie sy dissipel wees nie soos in Luk 9:23-26.
Vers 28-30:
- Praat Jesus hier van konstruksie werk?
- Nee, hy praat van dat jy die koste moet bereken om Jesus te volg.
- So dit beteken jy moet eers begin lewe as ‘n dissipel; visser van mense wees voordat jy die besluit maak om gedoop te word soos dit se in Mat 28:18-20 wat ons voorheen gedoen het.
- Het jy al begin lewe as ‘n visserman vir Jesus?
Vers 31-32:
- So wie dink jy is die ou met die 10 000 en 20 000 man?
- Dis reg, jy is die man met 10 000 en God is die man met die 20 000.
- So gaan jy vir God se wat die vredes voorwaardes wees van die oorlog?
- Nee, God le die vredes voorwaardes neer.
- So kan jy vir God se jy wil nie jouself verloen nie?
- Nee, God se dan dit is een van die voorwaardes om hom te volg in Luk 9:23-26.
Vers 33:
- Is jy bereid om afstand te doen van al jou besittings?
- Wat sal die moeilikste wees om op te gee vir God? Jou werk (as dit jou van die kerk af wegvat van ware dissipels), is jy dalk nie getroud nie maar in ‘n verhouding waar jy saambly (gewillig wees om op te breek en te leer om ‘n heilige verhouding voor God te he) of jou wereldse vriende op te gee (help jou nie met jou geestelike lewe maar trek jou af in die afgrond).
- Dit wat jy nie bereid is om op te gee nie is jou afgod wat jy dien.
- Dit maak sin dat Jesus dit ‘n vereiste maak om hom te volg; jy kan nie God en mammon saam dien nie.
3. Gebed vir Vandag
Goeiemore Here, shoe U verwag van my dat U my eerste liefde is en geen ander afgod voor U te he nie soos in die tien gebooie Exodus 20:3-5.
Ek bid dat ek die koste sal bereken; deur om te begin leef as ‘n dissipel. Miskien Here kan ek met my vriende deel oor die ongelooflike Bybelstudie wat ek in die laaste ruk gedoen het, ook om hulle saam nooi om verder met my vriend wat my die Bybel leer dit saam met hom te doen.
Here ek weet dat ek nie vir U kan voorse hoe om ‘n dissipel te wees nie. Ek kan wel dink ek doen dit maar ek bedrieg myself.
So as U se ek moet myself van sonde verloen is dit vir my eie beswil. God U wil net he ek moet myself ophou seermaak.
Here om alles op gee is nie maklik nie. Ek weet as ek goed voor U plaas dit afgod’s diens is. Here help my om nie vir geld te lewe nie wat ‘n gemaklike leefstyl teweegbring.
Here ek dank U dat U my sooooo baie liefhet om my te roep om ‘n dissipel te wees.
Amen
4. Besluite vir Vandag
- Wil ek U Here meer liefhe as my familie en selfs myself?
- So prakties beteken dit dat as my familie nie wil he ek moet ‘n dissipel wees nie ek U meer sal liefhe en ‘n dissipel word.
- Here ek sal alleenlik weet wat ‘n dissipel is as ek begin leef soos een om die koste te bereken.
- Ek moet begin kyk waarvan ek myself kan verloen sodat ek soos ‘n dissipel leef.
- Gee alles op vir God en begin te lewe as ‘n dissipel.