3A.7. Laat waai!!! – 7 of 7 – Disselskap

0 0
Read Time:3 Minute, 15 Second


Verse vir Vandag:

“Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”” – Mat 28:18-20

Wat sal jou laaste woorde wees voordat jy die aarde verlaat?

“I have offended God and mankind because my work did not reach the quality it should have.” – Leonardo da Vinci

Of

One never knows the ending. One has to die to know exactly what happens after death, although Catholics have their hopes.” – Alfred Hitchcock

Of

Jesus se laaste opdrag om dissipels te maak van alle nasies ?

Ek het as ‘n normale “Christen” godsdienstig grootgeword. Sondae was daar die oggend en die aand diens, sing in die koor en Bybel Studie deur die week.

Die eerste keer toe iemand my roep om ‘n dissipel te wees was ek baie hartseer; wat nie een van ons dominee’s het my nooit geroep om ‘n dissipel van Jesus te wees nie. Dit het my net gewys die kondisie waarin ons religeuse wereld is.

Jesus beveel ons om dissipels van alle nasies te maak. Jesus wil he almal moet dissipels wees.

As ons na die eerste gedeelte van die studie terug gaan en ons doen ‘n vergelyking van die wereldse uitkyk van ‘n “Christen” en ‘n dissipel.

Ons het gese Christen = Dissipel = Gered.

As ‘n “Christen” godsdienstige persoon het ek nooit voorheen voordat ek hierdie studie gedoen het; heengegaan en gaan dissipels maak nie.

Was Jesus regtig ernstig toe Hy gese het gaan maak dissipels? Dis so goed om te vra of Jesus verwag van ons om mense lief te he soos hy gehad het.

Jesus het dissipels gemaak wat radikaal die wereld verander het. Ek dink ons verstaan die woord herlewing.

So as jy jouself ‘n “Christen” noem; is jy besig om radikaal die wereld te verander rondom jou?

Ok, kom ons vat ‘n 5 jaar periode. Hoeveel dissipels het jy gemaak?

Ok, miskien was jy nog nie suksesvol nie, maar met wie het jy die Bybel bestudeer in die laaste 6 maande om hulle te help om naby God te wees? Sekerlik kan jy een persoon kry all jy alles in die stryd werp. Het jy al iemand gevra?

Sal jy graag die wereld wil verander vir ‘n beter ewigheid?

Wie is ‘n kanidaat om gedoop te word?

Die persoon wat die besluit gemaak het om as ‘n dissipel te leef.

Jy het iemand nodig om jou te mentor tot volwassenheid in Christus?

Wanneer is die laaste keer wat jy met iemand oor jou geestelike lewe gepraat het?

Dit is die enigste manier hoe ons die wereld kan wen.

Kom ons doen ‘n vergelyking tussen ‘n prediker en ‘n dissipel numeries:

Jaar  – DomineeDissipel

1 – Dominie maak 365 volgers – Een dissipel maak een dissipel.

2 – Dominee maak nog 365 volgers nou is hulle 730 – Die 2 dissipels gaan uit en maak nog 2 dissipels, nou is daar 4.

3 – 1 095 – 8.

13 – 4 745 – 8 192 – Die dissipels vat die volgers verby.

33 – 12 045 – Die Wereld, 10 biljoen plus

So as jy exponensiele rente verstaan sal jy sien dat God ‘n beter plan het.

Praktiese Toepassing:

  1. Vind iemand wat dissipels maak.
  2. Doen ‘n studie oor wat dit vat om ‘n dissipel te word.
  3. Studeer doop uit en wat dit beteken, laat ‘n dissipel jou doop.
  4. Kry ‘n geestelike dissipel mentor wat jou kan help geestelik groei.

Gebed vir Vandag:

Jesus ek wil graag ‘n dissipel word en U volg. Help my om die regte persoon te vind wat my kan help om ‘n dissipel te word.

Amen

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %

Share this post