2A.4. Die ware Christene – Deel 4 van 9 – Die Woorde van God

0 0
Read Time:2 Minute, 42 Second

Verse vir Vandag:

“En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” – ‭‭JOHANNES‬ ‭8:31-32‬ ‭AFR53‬‬

Praktiese Toepassing:

  1. Godsdienstige mense kan verkeerd wees. Dis vir my vestonmend dat hierdie jode in Jesus geglo het, net soos ons baie mense het wat in Jesus glo deesdae. Maar geloof opsigself was nie genoeg vir Jesus nie. Hulle was wel Sy dissipels (volgelinge) gewees maar nie Sy ware dissipels nie. Dis bring die vraag na vore wat dan maak my ‘n ware dissipel?
  2. Intellektuele geloof asook gevoelens is nie genoeg nie vir Jesus nie. Hulle se ons oordeel ander mense op hulle dade, maar as dit by onsself kom dan oordeel ons onsself op ons intensies. Watter ene dink jy gaan God ons op oordeel?
  3. Elkeen wat Jesus se ware dissipel wil wees moet bly vashou; asook Sy leringe volg. Weet jy way God se wil is vir jou lewe? Volg jy dit daaglik? Hoe maak jy seker jy maak geld by die werk? Jy hou tog boek dan nie. Ek dink ‘n inskrywing in ‘n joernaal aan die einde van die dag kan jou help om jou lewe in oënskou te neem en besluite te maak oor more.
  4. Opregtheid is nie noodwendig gelyk aan die waarheid nie. Ek kan opreg verkeerd wees. Ek het dit al ervaar as ek eksamen skryf.

Gebed vir Vandag:

Here dit is ongelooflik dat mens kan vlieg van een na ‘n ander plek in net oor ‘n uur. Ek sien uit om my pa dalk vir die laaste keer te sien. Die lewe is so vreil wn kortstondig. Bid dat ek my pa kan inspireer om naby U te wees en ‘n naby verhouding met U te he.

Vader ek verstaan wat die Bybel bedoel as Hy se dat ek myself moet verloën om U te volg. Liefde is aksie; en dit vat werk elke dag. Ek bid dat ek deur my passie en liefde gedryf word elke dag en as dit nie so is nie; is dit tog maar om gehoorsaam te bly. Here ek is nietemin nie elke dag lus om werk toe te gaan nie, maar dit is die regte ding om te doen.

Here ons wil altyd eers iets uitkyk om te sien of ons dit werklik wil doen. Maar as ek na die skrif kyk gaan ek net weet of dit die waarheid is as ek dit eers gaan doen; en dan alleenlik soos U woord se, sal ek die waarheid weet en dit sal my vrymaak op die laaste dag. Help my om nie bang te wees om voute te maak nie en dit my sal terughou om goeie dade te doen nie.

Ek bid dat ek ‘n goeie laaste paar dae saam met my pa sal he.

Amen.

Besluite:

  1. Wil ek ‘n ware dissipel wees?
  2. Gaan my geloof oorgaan in dade? Jak 2:14-20 Anders is my geloof dood.
  3. Wil ek werklik die waarheid ken? Of myself ‘n rat voor die oë draai / myself bedrieg.
  4. Hoe gaan my lewe anders wees agv wat ek vandag geleer het?

More kyk ons na: Tradisies

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %

Share this post