2A.1. Die Woorde van God – Het Groot Waarde – Deel 1 van 9

0 0
Read Time:1 Minute, 57 Second


 

Verse vir Vandag:

“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”

2 TIMOTEUS‬ ‭3:16-17‬ ‭AFR83‬‬

Praktiese Toepassing:

  1. Die hele Bybel is God’s geinspireerd. Aanvaar ek U woorde so, asof dit van U af kom? Het U woorde die nodige respek in my lewe?
  2. Ons kan die Bybel in ons lewens toepas. Ek dink die uitdaging is om dit daagliks te doen saam met mense wat U ernstig opvat. Dit is nuttig; hoe baie gebruik ek dit om waarhede te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en om die regte lewenswyse te kweek. Ken ek die Bybel goed genoeg om dit te doen? Mense deesdae ken nie meer die waarheid nie of sukkel om dit te glo. As jy nie die volle waarheid ken nie dwaal jy definitief. As jy dwaal is daar dinge wat nie reg is in jou lewe nie en daai dinge wat verkeerd is moet reg gestel word deur om te leer wat is die regte lewenswyse. Mense wat ons kan help om ons lewe in orde te kry. Is jou lewe in orde vandag ?

 

Gebed vir Vandag:

Dankie Here dat ek U woord kan bestudeer. Dankie dat U woorde ewigheidswaarde implikasies het vir my lewe en my saam met U ewig sal laat lewe.

Here dankie dat dit my onderrig in die waarheid waar daar soveel valsheid in die wereld is. Ek kan regtig aan U woorde vasklou.

Here as ek dwaal van die pad of my vriend dwaal kan dit my weer op die regte pad bring deur verkeerdhede reg te stel.

Here leer my U regte lewenswyse om volgens U wil te lewe. Dankie dat ek volkome voorbereid en toegerus kan wees om U goeie werke te kan doen deur U woorde te bestudeer wat my handleiding  vir die lewe is.

Help my om ‘n goeie student van U woord te wees en nie net die kennis op te doen nie maar om dit prakties in my lewe toe te pas. As ek dit nie toepas nie mislei ek net myself.

Amen

More Sal ons verder kyk na: Beoordeel die hart

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %

Share this post