2A.5. Is Tradisies goed ? Deel 5 van 9 – Die Woorde van God

Verse vir Vandag

“Kort daarna het ’n groepie Fariseërs en skrifkenners uit Jerusalem hulle opwagting gemaak. Hulle vra toe vir Jesus: “Waarom steur jou dissipels hulle nie aan die godsdienstige tradisies van ons voorvaders nie? Hulle was nie hulle hande voor ete nie.” Jesus het dadelik gereageer: “En hoekom doen julle nie wat God van julle vra nie? Julle leef ver van Hom af met julle godsdienstige tradisies en al! “Kom Ek gee julle ’n voorbeeld,” het Hy bygevoeg. “Julle weet mos dat God in die Bybel sê: ‘Jy moet jou pa en ma respekteer.’ Hy sê ook: ‘Iemand wat lelike dinge oor sy pa of ma sê, moet doodgemaak word.’ Maar julle wikkel julle maklik uit hierdie voorskrif uit deur te sê: ek het al my geld aan die tempel bemaak. Net ek mag nou daarvan gebruik; niemand anders nie. Daarom kan ek nie langer vir my pa en ma sorg nie. “Weet julle, as julle julle so gou van julle verpligting teenoor julle ouers losmaak, het julle geen respek vir hulle nie. Dan stel julle julle eie godsdienstige tradisies bo God se Woord. Daardeur beroof julle God se Woord van sy krag. Julle is ’n klomp skynheiliges. Jesaja was reg toe hy oor julle geskryf het: ‘Hierdie mense sê al die regte dinge vir God, maar hulle dien Hom nie met hulle hart nie. Hulle gebruik mooi godsdienstige woorde terwyl hulle skewe leerstellings kwytraak.’”” – Matteus‬ ‭15:1-9‬ ‭DB‬‬

Praktiese Toepassing

  1. Dien jy eerder tradisies as God deur sy woord?
  2. Ek dien God verniet as daai tradisies wat ek volg nie in die Bybel is nie.

Gebed vir Vandag

Goeie more Vader. Dankie vir ‘n nuwe sonskyn dag. Help my om U woord te volg en nie tradisies nie.

Here om deur moeder Maria te bid tot U kan klink of dit so ‘n skadelose gebed mag wees, maar dit is nie wat U in die woord se dat ons moet deur Jesus bid nie. Of Here om ons kinders te doop om deel te word van die gemeente mag klink na ‘n baie edelmoedige daad, maar volg ons U woord wat se ek moet ‘n dissipel doop wat bekeer het van sy sonde en glo dat Hy saam met Jesus opgewek is tot die ewige nuwe lewe? (Mat 28:18-20, Hand 2:38 & Rom 6:1-6)

Mag ek U woord bestudeer en uitvind wat U se oor die sake. Mag ek toelaat dat sentimentaliteit nie belangriker sal wees as U woorde nie. Here ek wil nie uitvind op die oordeelsdag dat ek U verniet gedien het nie deur om aan tradisies vas te hou eerder as U woord soos hierdie skrifgeleerdes nie.

Mag my hart naby U wees en ek U nie met leë woorde dien nie.

Amen

Besluite

  • Bestudeer God se woord om uit te vind oor God se reddingplan vir jou en dit is soos jy geleer is.
  • Vind uit oor tradisies wat in stryd met God se woord is.

More kyk ons na: Jou lewe en jou leer

Share this post

Share on facebook
Share on twitter
Share on print
Share on email
Share on whatsapp