2A.6. Jou lewe en jou leer – Deel 6 van 9 – Die Woorde van God

0 0
Read Time:2 Minute, 27 Second

Verse vir Vandag:

“Let goed op jou lewe en jou leer, volhard daarin, want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as dié wat na jou luister.”

‭‭1 TIMOTEUS‬ ‭4:16‬ ‭AFR83‬‬

Praktiese Toepassing:

  1. Jou lewe en jou leer is onskeidbaar
  2. Wat is meer belangrik, jou lewe of jou leer? Nie een nie. ‘n Vliegtuig het tog twee vlerke en kan nie vlieg nie met net een vlerk nie.
  3. Hoekom is dit so belangrik om mense te leer, te onderrig en te lewe volgens die regte leringe? Om jouself te red en die wat na jou luister.

Gebed vir Vandag:

Goeie more Here. Wat ‘n lieflike dag daarbuite. Here ons was gisteraand in Centurion op ‘n “date” met my vrou wat nie heeltemal verloop het soos ek verwag het nie. Here die meer stink, daar was omtrent geen mense daar, daar was iemand wat ons die hele tyd agtervolg het en hulle was besig om te bou. Here ek onthou nog hoe glansryk die stad was en hoe ons daarvan gehou het om daar te gaan kuier. Here dit kan wees soos ons “glory days” wat ons altyd na verwys maar ons het nie die onderhoud op ons lewens gedoen sodat ons stad ‘n glansryke stad bly nie. Dit vat harde werk en konstante aandag om ons lewens die beste te maak wat dit kan wees.

Here ek dink dit is dieselfde as ons lewe en leer, ons moet gereeld onself vergewus van waarin ons glo en elke dag ons lewe aanspreek om vir U te lewe. Die een ou het gese; as ek my lewe wil verander moet ek iets verander aan my daaglikse roetine. Ons daaglikse lewe Here moet tog gebasseer wees op U leringe. So as ons tekort skiet in ons lewe dan  moet ons weer ons leringe in U woord nagaan om te kyk of ons in lyn is met U wil. Dankie Here dat U, U woord gegee het om ons te lei en te onderskraag.

Amen

Besluite vir Vandag:

  • Maak seker dat wat ek glo gebasseer is op die Bybel. Hoe gaan ek dit weet? Gaan my kerk se geloofsoortuiging na en sien itv wat die woord leer of dit is soos die Bybel se. Onthou in Jesus se dae was daar baie Fariseers en Skrifgeleerdes (dominees) wat nie reg was met God nie.
  • Lees jy die Bybel elke dag? As jou ewigheid daarvan afhang sal ek se dit moet top prioriteit in jou lewe neem, dit is as jou ewigheid belangrik vir jou is!!!
  • Ondersoek verskillende mense se opinies, maar toets alle dinge aan die Bybel. Salomo het gese; beproef alle dinge en behou die goeie.
  • Hoe gaan jy die regte lewenswyse kweek? Vra ‘n geestelike vriend. Gaan kyk na Jesus se lewe en behou die die dinge wat vir hom belangrik was.
  • Ek moet aan albei werk, dit is my lewe en my leer elke dag.

More kyk ons na: Edelmoedige Karakter

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %

Share this post