2A.7. ‘n Edelmoedige Karakter – Deel 7 van 9 – Die Woorde van God

Verse vir Vandag

“Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ’n groot aantal, vroue en manne.” – HANDELINGE‬ ‭17:10-12‬ ‭

Praktiese Toepassing

  1. Wat het hierdie ouens in Berea meer edelmoediger gemaak as die in Tessalonika ?
  • Hulle was welwillend / gretig om na die woord te luister. Is ek elke dag gretig om na God se woorde te luister?
  • Lees ek my Bybel aandagtig elke dag?
  • Ondersoek ek die skrif? Bestudeer ek die Woord van God. Kan ek moeilike vrae oor die skrif beantwoord. Is dit my passie?
  • Glo ek wat ek lees? As ek glo sal ek dit toepas in my lewe. Wat is ek besig om toe te pas?
  • Op ‘n skaal van 1 tot 10 hoe eldelmoedig is ek voor God?

Gebed vir Vandag

Here U is al van ewigheid al daar. Dis ongelooflik dat U gesien het dat hierdie ouens edelmoedig was, persone van goeie karakter wat sterk inbors het. Vader ek dink hulle het regtig U woorde ter harte geneem. Hulle was ernstig oor hulle verhouding met U en die waarheid.

Help my om elke dag daai edelmoedige karakter te he. Dit vat dissipline en ‘n passie om dit te volhou. Ek bid dat ek sal smag daarna om naby U te wees.

As ek nie my Bybel lees Here dan word ek swak geestelik en kan nie die aanslag van die duiwel oorkom nie. Ek bid dat ek goeie geestelike vriende sal he wat my altyd inspireer om naby U te bly.

Vader dis fantasties om ongelooflike Bybelstudie te he maar hoe verander my karakter agv dit? Ek bid dat ek tot my geloof vriendelikheid, verdraagsaamheid, geduld, vrede, veronmoediging, nederigheid en liefde sal voeg elke dag. Om myself te vra hoe kan ek geloof in die dag toon om op U te vertrou.

Dankie dat U elke dag daar is om my te onderskraag en krag te gee. Dankie Here vir die nuwe dag. Ek is lief vir U.

Amen

Besluite vir Vandag

  • Ek gaan elke dag my Bybel lees.
  • Ek gaan oggend ete vas as ek my Bybelstudie in die oggend mis.
  • Ek gaan ‘n plan van aksie he hoe ek my Bybel gaan lees. Ek kan begin om Johannes te lees en twee praktiese toepassings neer te skryf elke dag. Of ek kan ‘n eenjaar Bybel gaan koop en dit elke dag lees.
  • Ek gaan ander interessante onderwerpe uitstudeer soos dissipelskap, doop, heiligheid, God se koningkryk, gawes van die Heilige Gees, ens.

More kyk ons na: Word jy bedrieg?

Share this post

Share on facebook
Share on twitter
Share on print
Share on email
Share on whatsapp