2A.5. Tradisies – Deel 5 van 9 – Die Woorde van God

Verse vir Vandag

“Kort daarna het ’n groepie Fariseërs en skrifkenners uit Jerusalem hulle opwagting gemaak. Hulle vra toe vir Jesus: “Waarom steur jou dissipels hulle nie aan die godsdienstige tradisies van ons voorvaders nie? Hulle was nie hulle hande voor ete nie.” Jesus het dadelik gereageer: “En hoekom doen julle nie wat God van julle vra nie? Julle leef ver van Hom af met julle godsdienstige tradisies en al! “Kom Ek gee julle ’n voorbeeld,” het Hy bygevoeg. “Julle weet mos dat God in die Bybel sê: ‘Jy moet jou pa en ma respekteer.’ Hy sê ook: ‘Iemand wat lelike dinge oor sy pa of ma sê, moet doodgemaak word.’ Maar julle wikkel julle maklik uit hierdie voorskrif uit deur te sê: ek het al my geld aan die tempel bemaak. Net ek mag nou daarvan gebruik; niemand anders nie. Daarom kan ek nie langer vir my pa en ma sorg nie. “Weet julle, as julle julle so gou van julle verpligting teenoor julle ouers losmaak, het julle geen respek vir hulle nie. Dan stel julle julle eie godsdienstige tradisies bo God se Woord. Daardeur beroof julle God se Woord van sy krag. Julle is ’n klomp skynheiliges. Jesaja was reg toe hy oor julle geskryf het: ‘Hierdie mense sê al die regte dinge vir God, maar hulle dien Hom nie met hulle hart nie. Hulle gebruik mooi godsdienstige woorde terwyl hulle skewe leerstellings kwytraak.’”” – Matteus‬ ‭15:1-9‬ ‭DB‬‬

Wat is ‘n tradisie?

Die woorde boek sal se: “‘n Inirente patroon van gedagtes of aksies”

Wat is die goeters wat my pa, sy pa ensovoorts gedoen het wat oorgelewer is van geslagte tot geslagte.

Dit kan troues, kersfees, familie vakansie, ens. wees.

Maar wat van geestelike tradisies?

Glo jy wat jou pa geglo het? Waarop het hy sy geloof gebasseer? Tradisie of op die Bybel?

Die fariseers was bekommerd dat die dissipels nie hulle hande was nie.

Jesus wat bekommerd dat die fariseers eerder hulle geld vir die kerk gee ipv om vir hulle ouers te sorg.

Daar is geen fout om goeie geestelike tradisies te he nie, maar die wat in stryd is met God se woord is afskuwelik.

Jesus se mense wat tradisie voor die woord plaas is skynheiliges, hulle dien Hom nie met hulle harte nie en hulle raak skewe leerstellings kwyt.

Shoe!

So watse tradisies bestaan daar vandag?

  • Kleindoop – Die Roomskatieke kerk het dit in die 5de eeu begin. Hulle het geglo dat die doop jou red; en daarom omdat soveer kinders gesterf het, het hulle hulle gedoop net om seker te maak hulle word gered. Jesus se: “laat die kindertjies na my toe kom, … want die koningkryk van God is juis vir mense soos hulle” – Luk 18:16. Daar is nie een vers in die Bybel waar ‘n baba gedoop word nie, bewys my verkeerd.
  • Erf sonde – Ek is in sonde ontvang en gebore. Beteken dit dat ek verantwoordelik gehou kan word vir my pa se sonde? NEE. Esegiel 18:20
  • Grootdoop – Mense glo dat dit net ‘n teken is. 1 Pet 3:21 se die water by Noag se ark is die teken nie die doop nie. Dit se dat die doop jou red. Dit is ‘n bede tot n’n skoon gewete. Daar is sekere voorvereistes dat jy gedoop moet word: ‘n dissipel wees (Mat 28:18-20), bekeer (Hand 2:38) en geloof dat die doop jou red deur die werking vd Heilige Gees en die oostanding van Jesus (Kol 2:12). Maar ons kan later in detail daaroor praat.
    Jy hoef net te glo – Weet jy dat die duiwels ook in Jesus glo en hulle gaan sekerlik nie hemel toe nie. Jak 2:17 se dat die geloof wat jy het dood is as jy nie dade het om dit te bewys waarin jy glo nie. Ja as jy glo en gedoop word sal jy gered word (Mark 16:16).
  • Jesus in jou hart nooi – “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.” – OPENBARING‬ ‭3:20‬ . As jy gaan lees in vers 14 praat hy met ‘n kerk wat louwarm geword het, nie met ongeredde mense nie.

So hier is ‘n paar om oor te dink. Volg ma die “Blog” om verder uit te vind daaroor of stuur vir my ‘n epos [email protected] .

Gebed:

Here ek mag dalk swaar woorde gehoor het vandag maar ek glo U sal my help om die waarheid in die Bybel te vind. Plaas asb mense op my pad wat my die waarheid kan wys.

Amen

More kyk ons na: Is Tradisies goed ?

Share this post

Share on facebook
Share on twitter
Share on print
Share on email
Share on whatsapp