2A.8. Word jy bedrieg? Deel 8 van 9 – Die Woorde van God

Verse vir Vandag:

“Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ‘n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.” 

JAKOBUS‬ ‭1:22-25‬ ‭AFR83‬‬

Praktiese Toepassing:

  1. Die woord van God is ‘n spieël.
  2. Moet nie vergeet wat dit se nie, doen dit net.


Gebed vir Vandag:

Here U ken ons harte en begeertes. U tel selfs die hare op ons kop as dit kom by detail. Vader hoe baie luister ons na die woord en voel goed oor onsself maar dit gaan nie oor in dade nie.

Here ek dink nie een van ons sal werk toe gaan sonder om in die spieël te kyk nie, ons sal nie voorbereid voel om die dag aan te pak nie. Hoeveel te meer in ons geestelike lewe.

Here ons sal ‘n persoon wat na die spieël kyk en dan vergeet hoe hy lyk klassifiseer.

Here ek bid dat ek myself kan verdiep in U woord wat my vry sal maak van sonde wat my bind in my lewe en dit onplesierig maak. Here as ek dit doen wat U woord vir my se sal ek gelukkig wees. Dis nie ‘n gelukkige gevoel wat uit die lug op my neerdaal nie maar gehoorsaamheid aan U woorde Here wat my geluk sal bring.

Here ek bid dat my geestelike lyf soepel en vaartbelyn sal wees. Ek dat ek mooi geestelik in U oë sal wees. Ons spandeer tog soveel tyd in die gym, op ons fietse en op die pad om fisies goed te lyk maar hoeveel tyd spandeer ons in U woord? Here ons weet dat ons lewe op aarde hier tydelik is en dat ons onsself geestelik voorberei vir die ewigheid. Ek bid dat ek myself elke dag geestelik sal voorberei en geestelik fiks sal wees.

Amen

Besluite:

  • Hoe lyk ek geestelik in die spieël, vet of vaartbelyn? Hulle se mos as jy weet waar jy is kan jy bepaal waarheen jy gaan. Anders bly jy verlore in jou omstandighede. Hulle noem dit self bewustheid.
  • Indien jy die Woord ondersoek, sal jy weet waar jy geestelik is. Ondervind jy ‘n gevoel van vryheid op die oomblik? Alleenlik die woord en om aan God gehoorsaam te wees kan jou vry maak. Begin vandag om die Woord aandagtig te ondersoek.
  • Die vraag bly staan wil jy jouself geestelik wil mislei of wil jy eerlik wees waar jy staan met God. Ons almal onthou die Oscar Pistorius se debakel. Ons almal weet hy was skuldig maar hy wou dit nie aan homself erken nie of saam met die gevolge van sy aksies leef nie. Ek is seker hy was baie emosioneel oor sy situasie maar kyk waar sy emosies hom na toe gely het. Gaan jy jou emosies volg of die waarheid van God wat jou vry en gelukkig maak?

More kyk ons na: Wie is die Regter in jou lewe?

Leave a Reply