3A.2. Dissipels volg Jesus – Deel 2 van 6 – Dissipelskap

0 0
Read Time:2 Minute, 0 Second

Verse vir Vandag

“Later, nadat Johannes gearresteer is, het Jesus na Galilea toe gegaan om God se Goeie Nuus aan te kondig. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek. God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! Kom tot inkeer en glo die Goeie Nuus!” Op ’n dag terwyl Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy hoe Simon en sy broer Andreas hulle visnette in die see uitgooi, want hulle was vissers van beroep. Jesus het na hulle geroep: “Kom, word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak!” En hulle het dadelik hulle nette gelos en saam met Hom gegaan.” – MARKUS‬ ‭1:14-18‬ ‭

Praktiese Toepassing

  1. Die beroep van die eerste dissipels.
  2. Kom volg Jesus. (Christus)
  3. Vissers van mense – Jesus gee hierdie dissipels ‘n nuwe doelwit vir hulle lewe, dat hulle vissers van mense kan wees.
  4. Hulle het nie verskonings gemaak nie maar volg Hom onmiddellik.

Gebed vir Vandag

Goeiemore Here, wat ‘n voorreg om U te volg. Here dat U my waardig geag het dat ek mense kan help om U versoen te word met U.

Dissipelskap Here vir my is soos ‘n huwelik, dit het sy “up’s en down’s”.

Here dit is soos ‘n verhouding waaraan ek elke dag moet aandag gee. Dit is soos om ‘n tweede werk te he, gin wonder die Bybel se dat ons onself moet verloën nie.

Help ons Here om te sien dat ons U volg en nie mense nie. Partykeer as ons ons hart vir mense verloor kan ons krieties raak.

Ek weet Here daar kan altyd ander dinge wees wat belangriker vir ons lan word as om U te volg, maar help ons dat ons nie mislei word deur satan nie want dit kan soo maklik gebeur.

Ek dink net Here wat is ek bereid om op te gee om my familie en vriende in die hemel te sien?

Help my om elke dag my vriende en familie op die hart te dra.

Amen

Besluite vir Vandag

  • Wil ek Jesus volg? Jesus beroep jou vandag net soos hy sy dissipels beroep het om Hom te volg.
  • Is ek al ‘n visser van mense? Wil ek graag een wees?
  • Is ek bereid om van vandag af mense vir Jesus te wen, d.i. dissipels te maak?
  • Wat is daar in jou pad wat jou gaan weerhou om dissipels te maak?

More kyk ons na – Verloën Jouself

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %

Share this post