2A.3. Interpretasie daarvan – Deel 3 van 9 – Die Woorde van God


Verse van Vandag

“terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ’n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.” – II PETRUS‬ ‭1:20-21‬ ‭AFR53‬‬

Praktiese Toepassing

  1. Jy kan nie die Bybel volgens jou eie interpretasie uitlé nie. Dit wil se jou eie storie opmaak nie.
  2. Die Heilige Gees van God het manne geinspireer om Sy woorde te skryf van die boeke van die Bybel. Ons se ons spreek waar die Bybel nie voorskriftelik is nie, gelei deur die Heilige Gees. Ons is stil waar die Bybel voorskriftelik is.

Gebed vir Vandag

Here dankie dat U ons lei op ons pad in die lewe. U het ons geskep vir vryheid; gebonde aan U leerstellings. Dankie dat U, U woorde by ons gelos het en seker gemaak het dat dit vir ewig vir ons bewaar word. Here ek het weer ‘n film vanoggend gekyk oor die dooie see se geskrifte wat wonder bo wonder beware gebly het.

Help my om my lewe by die Bybel aan te pas en nie andersom nie. Help my om te sien dat U woorde die belangrikste is in my lewe; nie my ouers s’n nie, nie my vrou s’n nie en nie my baas s’n nie.

Amen

More kyk ons na: Die ware Christene

Share this post

Share on facebook
Share on twitter
Share on print
Share on email
Share on whatsapp