Hoe jy ‘n kind van God word?

Goeie more

Die vers is vir my spesiaal want dit bring twee konsepte saam in een. Eerstens is dit die geloof. Sonder geloof sal Jesus nie ons verlosser word nie, daarsdeur word ons kinders van God. Dis is vir my soos iemand wat vir jou ‘n tjek gee met ‘n groot bedrag op.

Maar daar is die tweede deel. Deurdat ons onself met Christus verenig (word een met Christus) deur die doop. Dit is wanneer ons daai tjek bank toe vat om te wissel. Die twee aksies; om die tjek te ontvang en te wissel is hemels breed verskillend, maar die een kan tog nie sonder die ander ene plaasvind nie.

Dus ter omsomming, die geloof is dat; as ons gedoop word in Christus Jesus, ons saam met hom verenig word. Soos Romeine 6 se ons neem deel aan Jesus se dood en opstanding (geestelik) en ons word ‘n nuwe mens in Christus Jesus.

Mag jy ‘n fantastiese dag beleef saam met Jesus.

Groete

Francois

[email protected]

Share this post

Share on facebook
Share on twitter
Share on print
Share on email
Share on whatsapp