In wie se hande is jou toekoms?

0 0
Read Time:2 Minute, 13 Second

“Hy stuur toe twee van sy dissipels en sê vir hulle: “Gaan na die stad toe. Daar sal ‘n man wat ‘n kruik water dra, julle ontmoet. Gaan saam met hom en waar hy ingaan, moet julle vir die eienaar van die huis sê: ‘Ons Leermeester vra: Waar is my kamer waar Ek die paasmaaltyd saam met my dissipels kan eet?’ Hy sal julle dan ‘n groot bovertrek wys wat klaar daarvoor ingerig is. Daar moet julle vir ons die paasmaaltyd voorberei.””

‭‭MARKUS‬ ‭14:13-15‬ ‭AFR83‬‬

Ek dink partykeer wat ons verstand te bowe gaan is die feit dat God weet wat in die toekoms gaan gebeur.

Hier weet Jessus wie hulle gaan ontmoet, waarheen die persoon gaan en wat daar gevra moet word.

My vrou vra partykeer vrae vir my wat ek vir haar se dat ek nie ‘n glasbal het om die vrae vir haar te beantwoord nie. Ons is dus altyd geskoei op die toekoms om te weet wat gebeur en dalk daarvoor voor te berei.

Ek dink dit stem uit ‘n houding van self versekerdheid. Ons hou daarvan om in beheer te wees. Enigeiets wat buite ons raamwerk van verstaan en ons plan val is taboe en ons sal nie daarmee saamstem nie.

Maar God se wië is hoër as ons sin. (Jes 55:9) So waar laat dit ons? Ek lees vanoggend hoe Dawid vir die Here geraadeeg het of hy die filistyne moet aanval.

Raadpleeg ons nog geestelike leiers of volg ons net ons eie harde koppe. (Jes 56:2,Ese 2:4) Glo ons dat hulle die Heilige Gees het en God deur hulle met ons kan praat?

Laat God toe om God in jou lewe te wees.

Ek dink John Maxwell het 5 baie goeie dinge wat hy daagliks doen:

  1. Hy lees (hy se al sy leierskap beginsels het hy in die Bybel geleer)
  2. Hy leaseer (om te blog tel ook seker om te leaseer)
  3. Hy skryf (maak notas)
  4. Hy vra vrae (ons sukkel met hierdie ene)
  5. Hy dink (as ons vrae vra moet dit tog beantwoord word)

As ons dit geestelik elke dag doen dink ek ons sal ver kom.

Hy noem ‘n voorbeeld van om ‘n boom af te kap. Elke dag gaan jy uit met ‘n byl (al is hy stomp) en gee die boom 5 houe. Dit kan ‘n groot boom wees maar as ek elke dag uitgaan en net 5 houe gee moet hy een of ander tyd val. So moet ons nie onderskat wat ‘n volgehoue poging kan vermag nie.

Hier is die praatjie van John. Baie inspirerend.

John se praatjie

Lekker dag

Groete

Franna, Maris en Ammie

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %

Share this post