“Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”
PSALMS 118:24 AFR83
Wat laat jou dankbaar voel?
- Baie geld
- Mooi kar
- Groot huis
- Vakansies oorsee
Ek het eenkeer ‘n TED talk gekyk van ‘n monnik. Sy benadering in die lewe was dat tyd ‘n geleentheid is om te gebruik.
Ons moet dankbaar wees vir die geleenthede wat God ons gee.
Vergeet wat gister gebeur het, ons kan nie in die tru spieltjie ons lewens lei nie. Moet nie oor more bekommerd wees nie want jy kan niks daaraan doen nie, dit is praktiese atiesme.
Maak vandag die beste dag wat jy ooit geleef het.
Praktiese wenke:
- Vat vir jou vrou kos innie bed.
- Bel jou ma en pa en se jy is baie lief vir hulle.
- Stuur ‘n grappie vir jou broer of suster.
- Doen jou beste by die werk vandag.
- Vat ‘n middagete uit om te gaan bid en dankie vir God te se vir jou seeninge.
- Vat jou dogtertjie na nie “paartie” (parkie) toe dat sy kan speel.
- Gaan draf ‘n bietjie na werk.
Dien iets wat lekker is vir jou en die geliefdes om jou.
Hoop jy het die beste dag ooit in jou lewe.
Groetnis
Francois, Maris en Ammie