Verse vir Vandag:
“’n Engel van die Here het vir Filippus gesê: “Maak jou klaar en gaan teen die middag na die pad wat van Jerusalem af Gasa toe loop.” Dit is ‘n stil pad. Filippus het toe klaargemaak en gegaan.
‘n Ontmande Etiopiër wat ‘n hoë pos beklee het aan die hof van die kandake, soos die koningin van Etiopië genoem is, en wat haar geldsake beheer het, het na Jerusalem toe gekom om te aanbid. Hy was nou op pad terug en het op sy wa gesit en lees uit die profeet Jesaja.
Toe sê die Gees vir Filippus: “Gaan loop saam met daardie wa.” Filippus het daarheen gehardloop en gehoor dat die man uit die profeet Jesaja lees. Hy vra toe vir hom: “Verstaan u wat u lees?” Die Etiopiër antwoord: “Hoe sou ek kon as niemand dit vir my uitlê nie?” Hy het Filippus gevra om op te klim en by hom te kom sit.
Die Skrifgedeelte wat hy gelees het, was dit: “Soos ‘n skaap is Hy gelei om geslag te word; en soos ‘n lam wat stil is as hy geskeer word, het Hy nie sy mond oopgemaak nie. In sy vernedering het daar nie reg aan Hom geskied nie. Wie sal van sy nageslag kan vertel? Sy lewe op aarde word beëindig.” Die amptenaar vra toe vir Filippus: “Sê vir my, asseblief, van wie praat die profeet hier, van homself of van iemand anders?”
Filippus het by hierdie Skrifgedeelte begin en die evangelie oor Jesus aan hom verkondig.
Onderweg kom hulle toe by water aan, en die amptenaar sê: “Hier is water. Wat verhinder dat ek gedoop word?”
Toe het hy die wa laat stilhou. Filippus en die hofdienaar het albei in die water in gegaan, en Filippus het hom gedoop.
Toe hulle uit die water kom, het die Gees van die Here vir Filippus weggeneem. Die amptenaar het hom nie meer gesien nie en het sy reis met blydskap voortgesit.”
HANDELINGE 8:26-36, 38-39 AFR83
Praktiese Toepassing:
- Die engel van die Here en Heilige Gees werk saam om jou by God uit te bring. Is jy bewus van God dat Hy in jou lewe werk en jou roep in jou lewe, het jy al na daai roepstem geluister.
- Moet nie bang wees om vra te vra oor die lewe en die Bybel, wees nederig. “Almal wat jy ook al in jou lewe sal ontmoet, weet iets wat jy nie weet” – Bill. Moet nie so vol van jouself wees dat jy nie iets kan leer en verryk wees in jou lewe nie.
- Ons het iemand nodig om die Bybel aan ons te verduidelik. Wanneer laas het jy iemand gevra om die Bybel aan jou te verduidelik? Of vra gevra oor die Bybel? Is dit belangrik vir jou? Wanneer laas was ek na ‘n konferensie om meer te leer van God en nie my werk nie?
- Jy sal gelukkig / blymoedig wees as jy God vind. Sal ek ‘n 6 maande sebatical vat, geld spandeer om God te soek?
Gebed vir Vandag:
Vader dit is ongelooflik dat iemand soos die Etiopier 3000 km sal reis om God te soek, as ek dit uitwerk kan mens omtrent 30 km in ‘n dag reis in ‘n karavaan; dan moet dit jou omtrent 100 dae vat of oor die 3 maande. Ons skram weg as ons 1500 km op vakansie moet reis Here.
Vader ek dink net aan die motivering wat hy vir sy baas moes skryf hoekom hy moet gaan, dit is 6 maande se verlof.
Here hy het geld gespandeer op ‘n boekrol om meer te leer, spandeer ek tyd en geld om U beter te leer ken?
Here ek het al so baie keer gesien dat as mense met die waarheid van die evangelie gekonfronteer word hulle eerder die leun wil glo as die waarheid wat my hartseer maak.
Die leun Here het ek al gesien is partykeer godsdienstige leringe wat ek geleer is wat nie in die Bybel is nie maar valse leringe is. Here ek weet dat ek voordat ek ‘n dissipel geword het nooit regtig gaan kyk het in die Bybel wat U leer oor saligheid of selfs na ander mense se lering geluister het en gekyk of dit is so in die Bybel.
Help my om altyd die waarheid te soek en te glo al verskil dit met my opinie of wat ander mense wat ek lief het my dalk voorheen geleer het.
Here ek weet dit help nie om sentimenteel te wees oor wat ander mense my leer nie; maar die waarheid sal my vrymaak en hemel toe vat.
Here een van die leuns was dat; as ek U in my hart inbid dan kom woon U in my. Here ek weet dat Joh 1:12 se dat as ek in U glo en aanneem gee dit my die reg om ‘n kind te word, maar dit beteken nie dat ek al ‘n kind is nie.
Here die hart inbid leun; kom van Openb 3:20 af wat se as ons die deur oopmaak sal U by ons kom woon. Dit se niks van my hart of bid nie. Here as ek die vers in konteks gaan lees is dit bedoel vir mense wat alreeds Christene was wat louwarm geword het en nodig gehad het om te bekeer.
Here dank U dat U woord ons die waarheid wys en ons dit kan vertrou.
Ek is lief vir U.
Amen
In dien volgende studie gaan ons kyk As jy God soek sal jy Hom vind.