1A.8. Soek God – En Jy sal Hom Vind – Deel 8 van 8


 

Vers vir Vandag

““Julle moet aanhou bid, dan sal God vir julle gee wat julle vra. Julle moet aanhou soek, dan sal God vir julle laat kry wat julle soek. Julle moet aanhou klop, dan sal God die deur vir julle oopmaak. Elke mens wat aanhou bid, sal ontvang. Elke mens wat aanhou soek, sal kry. Elke mens wat aanhou klop, vir hom sal God die deur oopmaak.” – ‭‭Matteus‬ ‭7:7-8‬ ‭ABA‬‬

Praktiese Toepassing

  1. As ons God soek waarborg Hy dat ons Hom sal vind. Het jy al ‘n persoonlike verhouding met God gevind ? Is Jesus jou beste vriend?
  2. God wil he dat ons Hom vir hulp vra. Ek het een keer ‘n boek gelees met die naam: “The Devine Romance”. Die storie is gebasseer op God wat ‘n liefdes verhouding met ons wil he soos in ‘n huwelik.  Hoe gaan dit in jou huwelik met God ?

Gebed vir Vandag

Here soos ek op die pad vroegoggend ry bid ek dat dit goed sal gaan met my huwelik met U. Ek bid dat my tyd met U kwaliteits tyd sal wees en ek nie my Bybelstudie en gebed sal aframmel in die dag nie.

Ek bid dat ek oor dinge sal praat wat my pla in ons verhouding. Ek weet mens het altyd ‘n droom hoe dinge sal uitwerk en die werkikheid bietjie anders is wat ons beplan het, maar ek bid dat ons U sal vertrou met die uitkoms. Here ek moet toelaat dat U Here is in my lewe.

Here ek bid om altyd sal bly werk aan my verhouding met U. Dit is ‘n ongelooflike belofte dat ek U sal vind as ek U soek. U wil he dat ons U vind. Dankie dat U my kom soek het.

Ek bid dat my verhouding met U ‘n heelhartige verhouding sal wees; dat dit die beste huwelik sal wees op aarde vir my. Ja ek is getroud met my vrou en ja ek wil ‘n fantastiese verhouding met haar he, maar my verhouding met U moet beter wees.

Here ek is baie lief vir U!

Amen

More kyk ons na: Die Woorde van God het groot waarde

Share this post

Share on facebook
Share on twitter
Share on print
Share on email
Share on whatsapp