Vers vir Vandag:
“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. Julle sal My ontmoet, sê die Here, en Ek sal julle terugbring uit die ballingskap uit. Ek sal julle bymekaarmaak tussen al die nasies uit en van al die plekke af waarheen Ek julle verstrooi het, sê die Here, en Ek sal julle terugbring na die plek toe waarvandaan Ek julle in ballingskap weggevoer het.”
JEREMIA 29:11-14 AFR83
Praktiese Toepassing:
- God het ‘n individuele plan vir my lewe. Dit is God se plan nie myne nie. So ek kan nie my plan met iemand anders sin vergelyk nie, dit beteken ons kan God nie in ‘n boks sit die. Soos die skrif se die wind waai waar hy wil wil.
- God wil vir ons ‘n toekoms gee met hoop, voorspoed nie teespoed nie. Ek dink ons koppel dit verkeerdelik aan ‘n materiële lewe, die “prosperity gospel” waarvan hulle praat. Wat is jou moetief om God te volg?
- God sal ons Sy wil laat ken as ons met ons hele hart daarna vra. Soek jy God met jou hele hart ? Wat kan jy vandag doen om God met jou hele hart te soek?
Gebed vir Vandag:
Shoe God U het’n plan vir my lewe so ek hoef nie bekommerd te wees nie. Vader wanneer dit moeilik gaan in die lewe en mens verstaan nie altyd wat aangaan nie kan mens heeltemal verlore en hopeloos voel. Ek dink dis wanneer ek U begin bevraagteken of U goed is en regtig my belange op die hart dra.
Maar as ek aan David dink in die Bybel; hy het deur baie swaar tye gegaan in net toe hy gesalf is as koning. Tog het U hom bygestaan in sy swaar tye en U was sy Rots en Vesting waarop hy staatgemaak het. So as ek dit reg verstaan Here is ons lewens so ontwerp deur U dat ons op U sal staatmaak deur ons lewens en nie ons eie koppe volg nie. Dit is gewoonlik ‘n moeilike les om te aanvaar of te sluk maar ons weet Here dit is vir ons ewige beswil.
Help my om U nie uit die oë uit te verloor nie, want ek weet as ek op U fokus sal alles ten goede uitwerk in die einde.
Amen
In dien volgende studie gaan ons kyk om aan die Evangelie gehoorsaam te wees.