3-soek-god-ken-jou-adres-jesus

A1.3. Soek God – God skep jou adres – Deel 3 van 8

Weet jy dat God die jaar bepaal het waarin jy gebore sou word sowel as waar jy groot sal word?
0 0
Read Time:4 Minute, 4 Second

Vers vir Vandag:

“Uit een mens het Hy al die nasies gemaak.

Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon.

Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon.

God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind.

Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.

Of soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons stam ook van Hom af.’”

HANDELINGE‬ ‭17:26-28‬ ‭AFR83‬‬

 

Praktiese Toepassing:

  1. God bepaal die tyd (2017) en die plek (Pretoria) waar ons moet lewe. Ongelooflik, ons is nie ‘n ongeluk nie of per ongeluk gebore nie God het dit so bepaal. So ons leef in die perfekte omstandighede om God te vind.
  2. God doen laasgenoemde omdat sodat ons Hom sal soek en vind . Soek jy God in jou lewe? Het jy ‘n naby vehouding met Hom. Wandel jy saam met Hom elke dag soos Henog gedoen het.
  3. Hy is nie ver van ons af nie. Soos dit se in Psalms God is soo naby soos ons skaduwee.
  4. ‘n Christen wat iemand ontmoet is nie toevallig nie, maar van God. Ek het iemand onlangs ontmoet wat gese het hy het gebid om ‘n dissipel te ontmoet en God het sy gebed verhoor.

Gebed vir Vandag:

God dit is ongelooflik om te dink dat U dinge soo fyn beplan het en U my so goed al geken het van voor my geboorte af dat U my in die regte jaar en omstandighede / plek geplaas het om U te vind en dit het vir my gewerk, ongelooflik of sal ek nou se gelooflik.

U het vir Louis Wolhuter 26 jaar terug die “guts” gegee op kampus hom gestuur om die hele klas in Boutegnologie uit te nooi na ‘n Bybel bespreking te nooi en ek was die enigste een uit 100 mense wat gegaan het.

Al moes ek 20 km ry om eers by die huis te gaan eet en weer kampus toe moes ry was dit die moeite werd.

U het die mense en die boodskap by die Bybel bespreking soo interessant gemaak dat ek besluit het om die Bybel te bestudeer.

Toe ek die Bybel bestudeer het, het ek vir die eerste keer in my lewe besef dat God wil he ek moet ‘n dissipel van Hom wees (Mat 28:19).

Dit was ‘n hartseer asook ‘n blymoedige dag Here; want ek het besef dat U my roep om U te volg net soos U die dissipels van ouds geroep het om ‘n nuwe doel in my lewe te he en dit is om ‘n visser van mense te wees.

Ja ek was voorheen Godsdienstig in my lewe. Ek het al die regte dinge (wel nie als nie) in my lewe gedoen; ek het gebid en my bybel gelees en twee keer kerk toe gegaan op ‘n sondag. Wat geskort het Here was daai persoonlike verhouding met U. Nie die afmerk van al die regte boksies in my lewe nie.

Die hartseer was dat niemand dit nog voorheen vir my vertel het (Dat ek moet ‘n dissipel wees om ‘n christen te wees – Hand 11:25-26) al was ek ook al so baie by die kerk. Ironies nogal.

God ek het dalk gevoel soos daai dissipels in Handelinge 19 wat net van Johannes se doop gehoor het en nie geweet het dat ek moet weergebore word deur die water en die Gees (Joh 3:1-6) deurdat ek moet glo (Joh 3:16,Kol 2:12), ‘n dissipel word soos ek voorheen gese het, bekeer van my sondes en gedoop word vir die vergifnis van my sondes en deur dit te doen ontvang ek die Heilige Gees as gawe (Hand 2:38).

My lewe was nooit dieselfde van daai dag af nie. Ek het ‘n vrede in my hart gehad dat as ek vandag dood gaan dat ek die ewige lewe sal beerwe. Nie soos wat ek voorheen twee maal Jesus in my hart ingebid het en gedink ek is gered nie. Daai vers waarop dit gebasseer is is verkeerdelik aan my verduidelik (Openbaring 3:20). Dit was geskryf vir lou warm christene wat afvallig geword het en God hulle terug geroep het om te verander soos dit in vers 16 se. Ek was nooit seker van my saak al het ek daai sondaars gebed twee keer opgese.

God dankie vir die bonus van die koningkryk wat U kerk of familie op aarde is dat ek ongelooflike ewige vriende kon maak wat my help om aan U gehoorsaam te bly. (Hand 2:41)

Dankie God dat U my op die regte pad gelei het. Ek is ewig dankbaar daarvoor. Lief vir U.

Amen

Volgende gaan ons kyk wat dit beteken om God in Gees en Waarheid the dien.

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %

Share this post