1A.4. Soek God – In Gees en Waarheid – Deel 4 van 8

Vers vir die dag

“Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” – ‭‭JOHANNES‬ ‭4:23-24‬ ‭AFR53‬‬

Praktiese Toepassing

  1. ‬‬God soek mense wat Hom op ‘n sekere manier aanbid (Soos ons gelees het in Hand 17 dat mense moet God ook soek) Mense glo deesdae jy kan dit op enige manier doen soos jy lus kry. Dit wys net dat hulle God nie regtig ken nie.
  2. Die manier wat God wil he ons moet Hom aanbid is deur die Gees en die waarheid. Eerstens deur die Gees. Mens moet die Heilige Gees in jou he om God waarlik te aanbid. Weet jy hoe om die Heilige Gees te kry? Daar is drie maniere hoe dit voorkom in die Bybel. Ons sal later meer breedvoerig daaroor praat. Die waarheid is baie belangrik, ken jy God se wil vir jou lewe? As jy God se wil vir jou lewe ken sal jy God in waarheid dien. Ons sal ook later meer breedvoerig daaroor praat.

In kort opsomming van God se wil vir jou lewe

  • Jy moet die boodskap hoor – Rom 10:17
  • Jy moet glo – Joh 3:16
  • Jy moet Jesus volg en ‘n dissipel word – Mat 28:18-20
  • Jy moet bekeer van jou sondes en gedoop word vir die vergifnis van jou sondes en dat jy die Heilige Gees sal ontvang – Hand 2:36-41
  • Jy moet glo by jou doop wat daar gebeur – Kol 2:11-12
  • Jy moet God se koningkryk eerste plaas en soek – Mat 6:33

Gebed vir Vandag

More Vader. God U ken ons harte en begeertes. Ek bid dat ek naby U sal lewe. Ek bid God dat ek elke dag U woord sal bestudeer om uit te vind wat U wil is vir my lewe. Dankie dat U vir my hierdie liefdes brief nagelaat het om U te leer ken en U te volg.

Dis ongelooflik wat die een ou eenkeer gese het dat die Bybel die enigste boek is wat nie leuns in het nie, dit vertel tog van mense wat leuns vertel het. God ons kan U woordvertrou. Josh McDowell het uitgegaan om Christenskap verkeerd te bewys en wat het gebeur? Hy het U gevind. Here sy boek “Evidence that demands a Verdict” het my baie gehelp om ander mense se flou argumente te verstaan en ‘n antwoord vir hulle te he.

Help my om bewus te wees van die Gees en Sy werking in my lewe dat ek regtig deur die Gees sal lewe. Vader ek het gesterf saam met Jesus by my doop, help my om nie die ou Francois weer op te wek deur my lewenswandel nie.

Vader ek dank U dat ek my lewe in U hande kan plaas en weet U het ‘n plan vir my lewe, soos die skrif se: “DIE planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die Here.” – ‭‭Spr ‭16:1‬ . Help ons om geduldig op U plan te wag en dit mag dalk nie gebeur soos ons dit beplan het nie, maar dit is ook goed want dit is U wil.

Amen

Volgende gaan ons kyk wat dit beteken om ‘n Edelmoedige Karater te he.

Share this post

Share on facebook
Share on twitter
Share on print
Share on email
Share on whatsapp