5-soek-god-edelmoedige-karakter-jesus

A1.5. Soek God – ‘n Edelmoedige Karakter – Deel 5 van 8

Weet jy wat 'n Edelmoedige karakter in God se oë beteken?
0 0
Read Time:4 Minute, 24 Second

Vers vir Vandag:

“Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ’n groot aantal, vroue en manne.”

HANDELINGE‬ ‭17:10-12‬ ‭AFR53‬‬

Praktiese Toepassing:

  1.  Shoe edelmoedig, soo ‘n mooi woord met ‘n nog beter betekenis. Wat daarvan as iemand vir jou se: “Man Karin jy is darem so ‘n edelmoedige mens.” Sal jy nie goed voel nie? Dink jy nie sy sal vir haar man daarvan vanaand vertel dat iemand dit vir haar gese het nie? God wil ons toeskryf dat ons Sy edelmoedige diennaars is. Wat sal maak dat ek as ‘n edelmoedige diennaar bestempel word ? Wel ons sal die woord met alle welwillendheid ontvang, dit is ons sal graag meer wil leer. Ek sal se ‘n oop gesindheid, ‘n smag daarna om te groei in ons geestelike lewe.
  2. Tweedens hulle het die skrif elke dag ondersoek om se sien of dit was soos Paulus gese het. Shoe, elke dag ? Ek ry gister in die bussie wat ons van die hek van Eskom vat na ons kantore by Medupi kragstasie en ons praat so oor Christenskap. Toe maak ek die grappie dat party mense is soos duikboot christene, hulle kom net tevoorskyn op Sondae. Is jou loop saam met God elke dag of is dit ‘n aktiwiteit vir Sondag? Sou jy kon getroud bly as jou man jou net op een ‘date’ vat vir die week, ek glo nie. Ek dink nie hulle het hulself met ‘n sweep geslaan om dit te doen nie; ek dink dit gaan baie meer oor hulle harte. Ek dink hulle was opgewonde en kon nie wag om die skrifte te lees nie. Dit is seker soos ‘n goeie boek wat jy lees en jy kan dit nie neersit nie en dan deurnag jy om die boek klaar te lees. Die vraag is eintlik wil jy graag gesien word as ‘n edelmoedige persoon in God se oë? Ek wil definitief!!! So die uitdaging is om elke dag jou Bybel te lees. As jy 15 min spandeer om jou Bybel te lees en bid is dit 1/96 ste van jou dag. Net ‘n bietjie meer as 1%. Is dit genoeg om ‘n naby verhouding met iemand te handhaaf? Onthou ons wil edelmoedig wees!!!
  3. Derdens wat ongelooflik belangrik is dat jy moet ‘n besluit maak oor wat jy glo en jou leefwyse daarby aanpas. Ek is seker daarvan hierdie ouens en vrouens se lewens het drasties verander!! Is dit dieselfde vir jou as jy jou Bybel lees. Ek kan onthou dat ek op ‘n stadium my bybel gelees het in die aand net voor ek gaan slaap het maar dit het my nie meer geestelik gemaak nie, net meer godsdienstig. Ek bid dat die skrifte jou hart sal verander.

Gebed vir Vandag:

Vader ek wil soo graag ‘n edelmoedige karakter voor U he. Dit is soos om een van David se magtige manne te wees!!! Vader vir my, soos dit vir Jesus was,  is die oggende die beste tyd vir my om met U te ontmoet. En ja dit is vir my soos ‘n ontmoeting; want as ek die Bybel lees praat U met my, en as ek bid praat ek met U. Wat ‘n ongelooflike voorreg om tot U direk te kan nader deur U Seun Jesus Christus.

Help my om my tyd met U spesiaal te maak. U weet dat ek daarvan hou om te gaan stap in die natuur en tot U te bid. Dit maak my gemoed sommer oop teenoor U en ek kan die almag van U skepping beleef. Dit is net soos lekker vir my soos as wat ek op die strand met my vrou en dogtertjie gaan stap.

Help my dat ek dit elke dag ‘n prioriteit sal maak as die leier van my gesin en opstaan voordat die familie doen sodat ek daai alleen tyd met U sal he. Die dag hardloop so vinnig weg met mens deesdae dat voordat ek agterkom dan is ek pe en wil net veg voor die TV in die aand.

Vader ek maak vandag weereens daai besluit; net soos ek 26 jaar terug gemaak het om daai edelmoedige karakter voor U te he. Ek moet bieg ek het al my tyd met U gemis in die oggend, maar die mis is minder as die tye wat dit wel gebeur het.

Dankie vir die voorreg om ‘n verhouding met U te he wat my al deur swaar tye gedra het; waar ek vir 7 maande nie ‘n inkomste gehad het nie en dit nie eers aan my eie toedoen was nie.

Dankie dat my tye met U my inspireer om ‘n beter Francois te wees; nie net vir U nie maar ook vir my vrou, my dogter, my kollegas, my vriende en kennisse.

Ek loof en prys U elke dag van my lewe.

Amen.

Volgende gaan ons kyk om te sien dat God ‘n plan vir ons lewens het.

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %

Share this post