A1.1. Soek God – Waar kom Geluk vandaan ? – 1 van 8


Vers vir Vandag

“WELGELUKSALIG is die opregtes van weg, wat in die wet van die Here wandel. Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;” – PSALMS‬ ‭119:1-2 Niv

Kern Woorde

  • Welgeluksalig
  • Opregtes van weg
  • Wet van die Here
  • Wandel
  • Getuinisse
  • Bewaar
  • Ganse
  • Harte
  • Soek

Praktiese Toepassing

  1. Wel Geluk Salig – Baie mooi woord wat ‘n samestelling van drie woorde is. Wel beteken dit gaan goed met my, hetsy emosioneel, geestelik of fisies. Geluk beteken iemand wat ‘n voorbeeldige lewe lewe, iemand vir wie alles in die lewe reg loop. Emosioneel se ons ‘n persoon is gelukkig; kom ons se ten minste die dag wanneer hy trou. ‘Salig op die tong’, ons ken almal daai slagspreuk van die advertensie. Salig is ‘n geestelike toestand van vrede, vertroue en vreugde in die Here. So as ons die drie woorde saam sit is dit iemand wat ewigheidwaarde geluk beleef in sy verhouding met die Here.
  2. So om geluk te beleef; is nie die doel van die lewe nie maar die byproduk.
  3. As ek so geluk wil beleef moet ek God soek van ganse harte. Die Bybel vir almal se die wat met hulle hele hart naby Hom wil wees. Ek dink dit is soos ‘n meisie waarop jy verlief is en net die hele tyd saam met haar wil uithang.
  4. Om God te soek beteken, God hou baie van jou as jy presies doen wat Hy in die Bybel sê – Die Boodskap. Is dit ook nie so met ons base by die werk nie! Glo ons dat God die beste vir ons wil he? As jou antwoord ja is sal jy gehoorsaam wees.

Gebed vir Vandag

Vader ek dank U dat ek tot U kan nader deur U seun Jesus Christus. Dit vul my hart met blydskap dat U wil he ek moet geluk in my lewe ervaar. Ek weet as ek U wil doen sal ek gelukkig wees tot in ewigheid. Help my om U wil vir my lewe te verstaan. Ek weet as ek U soek met my hele hart beteken dit dat ek sal soek hoe om aan U gehoorsaam te wees. Die feit dat ek ‘n sterk persoonlikheid het en gewoonlik doen wat ek dink wat is reg is, sal vat dat ek glo wat U se is belangriker as wat ek dink of oortuig is van. In kort ek moet nederig wees teenoor U woord anders sal ek nooit U wil doen nie.

My gebed is dat ek vandag regtig welgeluksalig sal lewe. Ek is bly dat ek weet wat U wil is vir my lewe. My uitdaging is om elke dag te lewe volgens U wil. Ek kan dit net regkry as my mede christene ook daai oortuiging het. Dankie vir broers en susters het wat daagliks vir my omgee dat ek naby God is al is ek alleen en tans ver van hulle af.

Ek bid dat ek elke dag U sal soek met my hele hart. Amen.

Volgend gaan ons kyk oor die lewe se bekommernisse en hoe om dit te oorkom, in die volgende studie.

Klik hier om na die volgende studie te gaan.

Share this post

Share on facebook
Share on twitter
Share on print
Share on email
Share on whatsapp