A1.2. Soek God – Waaroor komkommer jy ? Deel 2 van 8

Verse vir Vandag

“Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie.

Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?

Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle.

Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? En wat kwel julle jul oor klere?

Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.

As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ’n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?

Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?

Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” – ‭‭MATTHÉÜS‬ ‭6:25-33‬ ‭AFR53‬‬

Praktiese Toepassing

  1. Waaroor bekommer jy jou? Moet jy bekommerd wees? Nee, God sal vir jou sorg. My pa se altyd die handjies moet ook net hulle ding doen. Doen jou bes en God sal die res doen.
  2. God weet wat ons behoeftes is. As jou kind op ‘n rugby toer wil gaan het mens baie keer nie die al die finansies om alles te betaal nie. Mens sal n paar familie en vriende vra of hulle hom kan bystaan.
  3. Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir julle genoeg kos en klere gee. Seer sekerlik kan God vir ons sorg. As jy nie God se koningkryk nie eerste stel nie dan se jy dat God nie vir jou kan sorg nie.
  4. God sal vir ons alles gee wat ons nodig het. Nie noodwendig wat ons graag wil he nie.

Gebed vir Vandag

Vader U ken my behoeftes. U het my gemaak met sekere talente. Help my om die koningkryk my eerste prioriteit te maak. Mens kan tog so vinnig bekommerd raak en dink waar gaan ek die geld kry om my rekeninge te betaal ?

Help my om op U te fokus en net my beste te doen. Vader ek weet as ek tyd in die natuur deurbring maak dit my rustig, dis tog altyd lekker om te gaan kamp.

Die diere in die natuur is tog so afhanklik van U om vir hulle kos te gee, en tog sorg U vir hulle. Laat hulle vir my ‘n voorbeeld wees van hoe U vir ons sorg.

Hulle se mos om jou te bekommer is soos om in ‘n rystoel te sit en vorentoe en agtertoe te beweeg, daar is baie beweging maar niks gebeur nie.

Ek bid dat ons ons planne voor U sal neerle in gebed en dan ook andere sal vra wat hulle van ons plan dink. Twee koppe is mos beter as een.

As geestelike mense wat die Heilige Gees in hulle het vir ons raad gee, dan kan U mos deur hulle met ons praat. Help ons om nederig te wees en toelaat dat ander mense vir ons hulle insigte ook kan gee.

Ek weet as ek aanhou bekommerd is, is ek maar net kleingelowig en ek behoort meet my Bybel te lees want dit is waar ek geloof kry (Rom 10:17) As ek kleingelowig bly dan tree ek op soos iemand wat God nie ken nie en Hom nie vertrou nie.

Ek bud dat my vertroue in U sal wees en nie in die situasie nie. God kan tog wonderwerke doen vir my ook.

Dankie Here dat wk my vertroue in U kan plaas. Amen

Die volgende stuk waarna ons gaan kyk is dat God ons blyplek bepaal het sodat ons hom kan vind.

Share this post

Share on facebook
Share on twitter
Share on print
Share on email
Share on whatsapp