Verloën Jouself
1. Verse vir Vandag
“Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou. “Wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan? Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele.” – Lukas 9:23-26
2. Praktiese Toepassing
Vers 23:
- Jesus praat hier en hy praat met almal. “As iemand” is enige iemand wat Jesus wil volg, die standaard is vir almal dieselfde.
- Verloën beteken jy moet doen wat God wil ipv. wat jy graag wil doen. Jy stel jou wil onderdanig aan God se wil. Dit beteken as jy versoek word om te sondig dan bid jy om dit af te weer soos Jesus met satan gedoen het. Weet jy wat God se wil vir jou lewe is? Ons sal later in ‘n volgende studie daarna kyk.
- “Elke dag sy kruis opneem”. Is dit daar hangertjie om jou nek met die kruis? (glimlag) As jy vir ‘n ou 2000 jaar gelede gevra het wat dit beteken om jou kruis op te neem, wat sal hy vir jou gese het? Hy sal sekerlik vir jou se dat hy gaan dood gaan deur gekruisig te word. So wat beteken dit vir ons vandag? Dit is soos om na ‘n vlieg te slaan wat om jou kom zoem. Gewoonlik slaan mens hom mis, maar as jy die vliëplak gaan haal dan slaat jy hom dood. So jy gaan aanhou versoek word met ‘n sonde todat jy hom kruisig en dood maak. Jy gaan dood vir daai sonde.
Vers 24:
“Elkeen wat sy lewe wil behou sal dit verloor”. So op aarde as ek doen wat ek wil en my wil volg sal ek my ewige lewe verloor.
Vers 25:
“Wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan?” Wat help dit ek word die beste in my beroep in die hele wereld met baie geld en besittings; maar ek verkry nie die ewig lewe nie? Is daai werk, verhouding van jou, sonde, ens. die moeite werd om jou ewige lewe daarvoor prys te gee?
Vers 26:
“Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam” Is Jesus jou held? As hy is, sal jy graag mense daarvan wil vertel! Hoe gaan dit met om mense te help om by God uit te kom? Soos ons gese het in Dissipels maak Dissipels, is jy besig om dissipels van mense te maak?
3. Gebed vir Vandag
Goeiemore Here, dit is ‘n groot vraag om myself te verloën as U nie my held is nie. Ek weet Here dat die dinge van die wereld my nie by U gaan uitbring nie.
Help my om my wil onderdanig te maak aan U wil. Help my om uit te vind wat U wil is as ek nie weet nie.
Here ek weet as ek nie doodgaan vir sonde nie, sal ek doodgaan vir die ewige lewe saam met U. Help my om ‘n mentor te kry wat bereid sal wees om my te help om my sonde te oorkom.
Ek weet Here die versoeking om net meer en meer geld te wil maak. Ek weet dat ‘n gemaklike lewe nie noodwendig my gaan help om die ewige lewe te be-erwe nie. Soos iemand gese het; hy het sy leer teen die verkeerde muur laat lê.
Here ek weet as U my eerste liefde is sal ek nie skaam wees vir U nie. Mens wil tog mense vertel van daai girl wat ek ontmoet het en gereeld terugvoer gee van hoe dit gaan. Dit moet dieselfde wees met Jesus. Die dissipels het tog oorgeborrel van U liefde vir hulle en wat God vir die mense beplan het. Help my ook so om oor te borrel van my verhouding met U. Ek weet hoe seer dit maak as mense my in die rug steek en nie trots op my is nie.
Here dankie dat U my liefhet en ‘n pad vir my gemaak het om terug by U te kom.
Amen
4. Besluite vir Vandag
- Wil ek myself verloën om Jesus te volg? My wil onderwerp aan syne?
- Watter sondes moet ek ophou pleeg om te stop om Jesus deur die gesig te slaan?
- Is ek bereid om van vandag Jesus se doelstellings en leer na te volg ipv my eie wil?
- Is ek bereid om nie skaam te wees vir Jesus nie?