“Hy het gesê: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.” Hy kom toe terug en kry die drie aan die slaap en vra vir Petrus: “Simon, slaap jy? Kon jy nie eens een uur lank wakker bly nie?” – MARKUS 14:36-37 AFR83
Jesus is ‘n sprekende voorbeeld van nederigheid. Wat as jy weet jy gaan gevange geneem word, gemartel (soos ons boere op die plase ervaar) en doodgemaak word en dit is God se wil dat dit gebeur met jou. Hoe sal jy reageer? Sal jy in opstand kom, jouself beleer?
Of sal jy jouself verootmoedig voor die Here? Ek dink dink nie altyd ons besef wat Jesus vir ons deurgemaak het nie agv om ons sondes te vergewe. Ek dink as ons meer besef sal ons meer dankbare lewens lei in gehoorsaamheid aan God.
Hoe wys jy jou dankbaarheid aan God vandag?
Lewe jy as ‘n dissipel? (Mat 28:18-20)
Het jy mense lief? (1 Cor 13:1-8,Joh 13:34-35)
Is jy gehoorsaam aan God se reddingsplan vir jou?(Hand 2:36-38)
Het jy mense soo lief dat jy jou lewe neerle vir hulle soos Jesus?(Joh 3:16)
As ons kyk in hierdie vers van vandag dan begin dit by by gebed. Hoe is jou gebedslewe? Het jy eelte op jou knië van bid? As ons verhouding met die Here die belangrikste verhouding is wat tot in ewigheid strek (ons gaan nie getroud wees in die hemel nie), hoe gaan dit met daai verhouding?
Ek weet nie of jy al van brother Lawrence gehoor het nie? Hy het die volgende gese oor gebed:
“There is not in the world a kind of life more sweet and delightful, than that of a continual conversation with God; those only can comprehend it who practice and experience it.”
“There is not in the world a kind of life more sweet and delightful, than that of a continual conversation with God; those only can comprehend it who practice and experience it.”
Hy het ‘n gewoonte gehad om kort gebede te bid oor die dinge waarmee hy hom besig gehou het deur die dag om daai volgehoue gesprek met God aan die gang te hou.
“Ek prys U God vir die wonderlike dag!”
“Help my om aan U gehoorsaam te wees”
Dink maar terug aan toe jy verlief geword het op jou vrou. Jy kon nie genoeg met haar gesels en by haar gaan kuier nie. Hoekom moet dit dan anders wees met God.
Stwl vir jou alarms op jou foon wat jou help onthou of ek gebruik hierdie meditasie “chimes” om my te herhinner.
Die vraag bly nog altyd staan: “Is jy verlief op God?” of op jou god?
Ek bid dat jou wandeling met God jou vandag nader aan Hom sal bring!!!
Liefde en groete
Franna, Maris en Ammie