jump-leap-casm-believe-faith-saved-god-love

Word ek regtig gered as ek Jesus vra om in my hart te kom woon? – Joh 3:16 – Deel 3: Ek hoef net te glo dan is ek gered!

Ek hoef net te glo dan is ek gered!
  • Ek dink maar aan ‘n voorbeeld; hoeveel van ons glo ons gaan gewig verloor as ons op ‘n dieet gaan?
  • Komaaan steek jou hand op!!! (lag) Ja ons almal wat ‘n brein het glo dit.
  • Wie van ons pas dit regtig toe? As jy Saterdag aand daai “T bone steak”, “potato bake”, patats met “mashmallows” op sien dan vlieg daai dieet by die deur uit. (Jou mond water nou ne, myne ook as ek dit skryf)
  • So die feit dat dit waar is dat dieet jou laat gewig verloor, is ‘n feit soos ‘n koei soos hulle se.
  • Wat dink jy as iemand vir jou se ‘n dieet werk nie. Jy sal dink hy is “stupid” ne!
  • Wel dit is dieselfde met geloof, as dit nie tot aksie oorgaan nie dan beteken dit maar eintlik niks.
  • Ek kan hoe hard glo ek gaan gewig verloor, maar as ek nie daai dieet toepas nie dan gaan ek aanhou rol. (kug, kug)
  • Lieg God as Hy se die pad is smal en die wat daarop loop is min?
  • Ek is seker dat teen die tyd in die wereld is 80% van mense glo dat Jesus bestaan het.
  • Gaan hulle ook hemel toe?
  • So jy kan sien dat geloof ‘n dieper betekenis het as wat net op die oppervlak voorkom.
  • Dit is waar dat God die wereld liefgehad het en dat hy Sy seun gegee het sodat almal wat in Hom glo gered sal word, maar dit kan nie net wees dat ons net glo nie dan word ons gered nie?
  • Die volgende vers sal dit nog meer vir ons duidelik maak.
  • As jy verder wil leer hoe om ‘n dissipel te wees stuur my gerus ‘n Whatsapp +27 79 481 8989.

Share this post

Share on facebook
Share on twitter
Share on print
Share on email
Share on whatsapp