reborn-baby-feet-saved-god-love-heaven

Word ek regtig gered as ek Jesus vra om in my hart te kom woon? – Jn 3:1-5 – Deel 6: Moet ek weergebore word om gered te word?

Moet ek weergebore word om gered te word?
  •  Ek moet se paar jaar gelede was dit soortvan die “buzz” woord in die kerk, almal het gevra: “Is jy al weergebore?”
  • Party mense dink as hulle “gelowiges” geword het, het hulle weergebore geword?
  • Daar is ander wat dink as jy “Jesus bely as verlosser en saligmaker” dan is jy weergebore soos in ons vorige dagstukkie
  • As jy Jesus “aanneem en glo”, dink party mense jy is weergebore ook in een van ons deel 2 dagstukkie.
  • So as ons werklik kyk daarna wat dit beteken om weergebore te wees het dit niks uit te waai met met “Jesus in jou hart in te nooi” (sal more daarna kyk), “Jesus te bely”, “jou hart vir die Here te gee” of “Jesus as jou persoonlike verlosser en saligmaker”.
  • Ek het op die internet gekyk wat weergebore beteken maar die eerste twee artikkels is niks seggend en nie opinies wat rondgegooi word.
  • Die Bybel praat van twee aspekte waardeur jy weergebore word naamlik, water en gees.
  • Nou water kan nie die vrugwater van jou ma beteken nie want dit is “WEER-GEBORE”, dit beteken ‘n nuwe geboorte. Ja jy is uit jou ma se vrugwater die eerste keer gebore.
  • Wel soos in my vorige stukkie kan ons nie net een vers uit die Bybel ruk en ons hele geloof daarop bou nie. Dis so goed jy vat een stukkie van die legkaart en jy wil die hele foto verduidelik. Soos jy die stukkies begin bymekaar sit kan mens sien hoe die storie bymekaar kom.
  • As mens na twee stukkies in die Bybel kyk waar mense se lewens verander het is Hand 2:36-38 en Mark 16:15-16 kan die water doop beteken. (Maar dit is ‘n hele studie op sy eie)
  • Dit is wel waar dat jou gees gemoed verblydend is as jy weergebore word.
  • Maak in die Bybel is dit ‘n hoofletter “Gees”, wat net een ding kan beteken en dit is die Heilige Gees.
  • So as ek reg verstaan ontvang jy die Heilige Gees by weergebore.
  • So die maklikste om te sien wanneer ek weergebore word is as ek die Heilige Gees ontvang wat in my woon. (As die Gees op jou kom is dit ‘n ander studie vir ‘n ander dag)
  • Die verduideliking in die skrif wat die mees voordiehandliggend is, is weereens Hand 2:38 waar hy se: ““Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.”.
  • So die Heilige Gees word ontvang as ek bekeer (Dit beteken om jou sondes uit te bestudeer, te bely en reg te maak met mense waar jy verbrou het) en gedoop te word (Die griekse woord hier is: “βαπτιζω”  “baptizo” wat “immerse” in engels beteken.(So in ‘plain’ Afrikaans, beteken dit onderdompeling [soos met vurke, messe en lepels as jy hulle so bietjie in die water lat lê om sag te word voordat jy hulle was] en nie “rantizo” wat besprinkeling beteken).
  • Wat interessant is in Hand 2:38 is dat God se Hy vergewe jou sondes, wow so dis waar my sondes vergewe word? Maar ek het dan gedink “my sondes word verwe as ek dit net bely” sonder doop? Ons sal oormore bietjie na daai skrif gaan kyk vir wie dit geskryf was en hoe mense dit uit konteks uitruk.
  •  Hy se ook in vers 6 die verskil in die eerste en tweede doop, “wat uit die vlees gebore is vlees” die eerste geboorte saam met jou ma, en die weergebore “wat uit die Gees gebore is gees”.
  • So ons het gese weergeboorte beteken nie NET EEN van die volgende nie:
    • “Jesus aanneem en in hom glo” – Deel 2.
    • “Ek moet net in Jesus glo” – Deel 3.
    • “Ek hoef net te glo in Jesus dan word ek gered” – Deel 4.
    • “Jesus bely as verlosser en saligmaker” – Deel 5.
    • “My sondes word vergewe as ek hulle bely” – Deel 7. (More se studie)
    • “Ek die deur na my hart oopmaak vir Jesus” – Deel 8 (Oormore se studie)
  •  Water beteken die doop.
  • Gees beteken die Heilige Gees.
  • As mens wil bekeer moet jy eers ‘n paar skrifte oor sonde (Gal 5:19-212 Tim 3:1-5 en Openbaring 21:8  gaan uitbestudeer. (Hier is ‘n engelse verduideliking van die sondes).
  • Om werklik te bekeer. (2 Kor 7:8-11)

Share this post

Share on facebook
Share on twitter
Share on print
Share on email
Share on whatsapp