sondes-vergewe-bid-redding-verlossing-hemel

Word ek regtig gered as ek Jesus vra om in my hart te kom woon? – 1 Joh 1:5-10 – Deel 7: Word my sondes vergewe as ek hulle bely?

Word my sondes vergewe en gaan ek hemel toe as ek hulle bely aan Jesus?
  • Seer sekerlik is dit wat die Bybel se.
  • Dit is tog wat vers 9 se!
  • Hierdie is ‘n vers wat aan Christene geskryf is.
  • In vers 6 se hy dat hulle alreeds deel het aan Jesus, dit beteken hulle is Christene. Hy maak die onderskeid dat hulle alreeds deel het aan hom maar hulle besluit om in die duisternis te lewe in plaas van die lig.
  • So as ons ons sondes bely, dan lewe ons in die lig soos God wil he ons moet doen volgens vers 7.
  • In vers 8, as jy ‘n nie Christen is dan sal jy mos nie beweer jy het nie sonde nie, jy is reeds bewus van al jou sondes as jy tot God kom en soek daai vergifnis wat Jesus bied vir jou sondes.
  • So hierdie vers 9 wys vir ons dat ons ons sondes op ‘n gereelde basis moet bely. Dit is soos om jou tande te borsel in die oggend en die aand, of om te bad gereeld. As mens dien gereeld tande borsel of bad nie dan begin mens stink. Selfde geestelik.
  • So om hierdie vers te probeer te gebruik uit konteks vir nie Christene is nie Bybels nie.
  • Wel dit kan tradisie wees want ons het al vir jare dat die dominee ons vorentoe roep om ‘n geestelike toewyding te maak en vra of ons ‘n verhouding met God wil he en dan die sondaars gebed te bid. Dit omsluit as jy jou hart vir die Here gee. Ons weet God haat tradisies wat nie in lyn is met Sy Woord nie, want dit laat mense verniet God dien en kerk toe gaan want hulle word op die ou einde nie gered en gaan nie hemel toe nie. 
  • Dit is interessant om te weet dit het eers in die 1830’s begin in Amerika.
  • Mense het dit ook verwar met die weergeboorte soos ons gister bespreek het. So dit gee mense ‘n valse sekuriteit van hulle redding.
  • Ek het al ouens op die TV gesien wat mense vra na ‘n baie emosionele diens of hulle hulle harte vir die Here wil gee deur jammer te se vir hulle sondes en hulle toewyding beloof aan Jesus.
  • Dit kom sekerlik van Petrus se eerste preek af nadat die Heilige Gees uitgestort is en die mense in tale begin spreek het. “40 Met nog baie ander woorde het Petrus getuig en hulle aangespoor: “Laat julle red tussen hierdie ontaarde mense uit.” 41 Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg.” (Hand 2:40-41). Ek dink mense volg nog die aanneem gedeelte maar het die doop weggegooi. Petrus se ook dat as mens bekeer en gedoop word (vers 38) dat mens gered word, hy se “Laat julle red tussen hierdie ontaarde mense uit.” (vers 40). So die wat Petrus se boodskap aangeneem het (vers 38), het bekeer en is gedoop (vers 41). Hy se ook dat die wat bekeer en gedoop is by die getal van gelowiges gevoeg is, die feit dat hulle gelowig geword het deur dit te doen.  
  • So jou sonde word nie vergewe nie as jy ‘n nie Christen is en jy bid ‘n gebed sodat jou sondes vergewe moet word, dit is bedoel vir mense wat alreeds Christene is.
  • Ons het alreeds gister gesien dat jou sondes vergewe word as jy bekeer en jouself laat doop, vir die vergifnis van jou sonde en dat jy die inwonende Heilige Gees kan ontvang. (Hand 2:38)
  • Kontak my gerus op Whatsapp +27 79 481 8989 om die onderwerp verder te bespreek.

More kyk ons as ek die deur na my hart oopmaak vir Jesus of ek gered word.

Share this post

Share on facebook
Share on twitter
Share on print
Share on email
Share on whatsapp