deur-hart-god-liefde-oopmaak-gered-hemel

4A.8. Kan die deur na my hart oopmaak vir Jesus en sodoende gered word en hemel toe gaan? – Openbaring 3:14-20

Kan die deur na my hart oopmaak vir Jesus?
0 0
Read Time:6 Minute, 9 Second
  • Wel as ek na die opskrif van die stukkie kyk dan is dit aan ‘n gemeente geskryf, dit bedoel ‘n kerk.
  • Nou toe ek laas nog gekyk het is dit Christene wat deel van die kerk uitmaak. (glimlag)
  • So Christene is tog gered en gaan hemel toe.
  • God het al klaar hulle sondes vergewe en hulle het die Heilige Gees ontvang soos ons gister bespreek het.
  • Hulle is tog klaar gered, hulle hoef nie die deur van hulle hart oop te maak om gered te word nie want Jesus is alreeds in hulle hart want hulle het die inwonende Heilige Gees.
  • So Jesus se Hy ken ons werke, dit se vir my dat dit vir Jesus belangrik is wat se werke ons vir Hom doen.(vers 15)
  • So op ‘n tyd was hulle warm gewees vir Jesus want hulle het tog voorheen ‘n Christen geword en voluit gelewe vir Jesus.
  • Maar nou het hulle louwarm geword, party mense sal se hulle het “gebackslide”.  🤣
  • Ek neem aan dat iemand wat louwarm is; dat sy aandag verdeeld geraak het en hy weer die wereldse maniere / sondes weer begin lief kry het. 
  • As ek aan ‘n voorbeeld kan dink; dan is dit seker soos ‘n getroude man of vrou wat onttrou raak aan hulle eggenoot en rondslaap. Hulle is nie 100% gelukkig met die maat wat God hulle gegee het nie. Dit is tog God wat ons saamvoeg in die huwelik. (Markus 10:9)
  • God se verder dat die gevolge van jou louwarm verhouding met hom gaan lei dat hy jou uit sy mond gaan uitspoeg. 
  • Weer terug by ons voorbeeld; en neem aan dat die man of vrou gaan uitvind van jou “affair” en jou dan uit die huis uit skop. (vers 16) Klink dieselfde as wat God jou uit sy mond spoeg. 
  •  Ek dink jou opinie, “Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie” een van self verwaandheid, gaan op die einde nie in jou sin tel nie want jy gaan nie jouself oordeel nie, maar God gaan.
  • Dus hoekom sy opinie, “en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie”, in die eerste plek gaan tel en dis hoekom hy die stuk in die Bybel geskryf het.
  • Wat jy eintlik se is dat God moet gelukkig wees met die feit dat jy nou vir jou ‘n byvrou gevat het en hom nie meer 100% lief het nie, maar net se 50%. As jou werk jou net 50% van jou salaris betaal gaan jy gelukkig wees; ek glo nie so nie. (vers 17)
  • Hoekom tugtig jy jou kinders, omdat jy hulle liefhet en jy weet dat hulle dade nie ‘n goeie toekoms vir hulle inhou nie. Ek dink dit is dieselfde met God, Hy het ons baie lief en daarom moet ons bekeer. 
  • Jy sal mos nie iemand vreemd se kinders tugtig nie, mense sal dink jy is mal. Nog ‘n bewys dat hierdie vir Christene geskryf is en nie vir NIE Christene. God sien jou al klaar as Sy kind. ‘n NIE Christen is tog nog nie God se kind nie, hy behoort nog aan die duiwel.
  • Dis tog die louwarm Christene wat in sonde lewe.
  • So as ons teruggaan na ons sondes toe dan lyk dit vir my skop ons God by die huis uit.
  • Want Hy staan by die deur en klop om in te kom.
  • Dis nogal erg as jy iemand by jou huis uitskop, nog erger as dit God is. 
  • Absoluut NIE.
  • As jy dit doen verdraai jy die skrif om ‘n jaar 1830 tradisie te bevredig wat iemand uitgedink het vir sy eie gewin, definitief nie vir God se gewin nie.
  • As jy so dink, gaan jy definitief nie Hemel toe nie en doen nie God se wil nie. Dan sal jy soos daai ouens wees wat “Here, Here se” maar nie die koningkryk van God sal binnegaan nie. (Mat 7:21-23)
Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
100 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %

Share this post